Koffiekaaskoek

koffie kaaskoek1
LEWER 1 KOEK (8-10 SNYE)
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 40-45 minute
Verkoeltyd: 30 minute
Kors
330 g brosbroodbeskuitjies,
gekrummel
55 g botter, gesmelt
30 ml (2 e) koffielikeur
Vulsel
3 houers (230 g of 250 g elk) roomkaas
1 houer mascarponekaas
200 ml suiker
30 ml (2 e) koffielikeur
10 ml (2 t) koffiepoeier
3 eiers
60 ml (. k) koekmeel
Bolaag
250 ml (1 k) donkersjokoladeskyfies
80 ml (1∕3 k) room
30 ml (2 e) sterk koffie
Voorverhit die oond tot 180 °C en plaas ’n pan met water onder in die oond. Voer ’n 22 cm-veerklamppan uit met bakpapier en smeer die papier.
1. Kors Meng die krummelsen gesmelte botter deeglik en roer die likeur by. Druk die kors op die boom van die voorbereide pan vas.
2. Vulsel Meng die roomkaas, mascarpone en suiker tot baie glad. Meng die likeur en koffiepoeier en meng dit by. Voeg die eiers en meel by en roer dit stadig by tot net gemeng. Giet die mengsel in die voorbereide kors. Bak 40- 45 minute of tot net gestol. Maak die oonddeur oop, skakel die oond af en laat 20 minute in die oond afkoel. Haal uit die oond en laat heeltemal afkoel. Plaas minstens 3 uur in die yskas voor dit voorgesit word.
3. Bolaag Verhit die sjokoladeskyfies, room en koffie en roer tot die sjokolade gesmelt het. Giet dit in ’n sigsag-patroon oor die koek.
Deur Huisgenoot Digitaal op Oktober 18, 2013

A user's photo.
29,360 people reached

MAKLIKSTE SOUTTERT OOIT.
Halwe koppie bruismeel
3 eetlepels gesmelte margarien
1 en ‘n Halwe koppie gerasperde kaas
2 koppies gesnipperde vleis – Selfs braaivleis werk goed

See More

A user's photo.
108,736 people reached

 

 

Geroosterde varktertjies

Weet jy nie wat om vanaand vir jou gesin gaar te maak nie? Beproef hierdie tertjies met ’n varkvulsel vir aandete.jy kan die vark vervang met enige vleis of groente en kaas van jou keuse
Lewer 6
Bereiding: 15 min.

See More

A user's photo.
2,542 people reached

EFF erken skending van Louis Botha-standbeeld.

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het erken dat twee van sy lede die Louis Botha-standbeeld voor die parlement in Kaapstad geskend het.
Dit volg nadat twee mans in hul vroeë twintigerjare gister in hegtenis geneem is nadat die beeld Woensdagaand met rooi verf besmeer is. ʼn Klag van saakbeskadiging is aanhangig gemaak en die verdagtes is steeds in aanhouding.

See More

A user's photo.
2,930 people reached

 

 

Vaalwater plaasaanvaller in hegtenis. ʼn 30-jarige verdagte is Vrydag vroegoggend in hegtenis geneem weens ʼn onlangse aanval op ʼn plaas in Limpopo waartydens ʼn vrou glo verkrag en beroof is.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die verdagte is in Vaalwater aangekeer.

“Die man moet Maandag in die landdroshof op Modimolle verskyn,” het Otto gesê.

See More

1,926 people reached

 

  • Alice Du Plooy Baie jammer dit is gruwelik’ hoop die dame spoedig beterskap…. woorde gaan niks kan verander nie!! GOOI DIE ZIM-BARBAAR-ZUMA-DREK-VERKRAGTER VIR WILDE – HONDE!!

 

Enjoyed this post? Share it!