Kompromieë en eise in ANC

David Mabuza, die adjunkpresident van die ANC, het volgens berigte aan Ramaphosa voorgestel dat hy sal terugstaan as adjunkpresident sou Ramaphosa vir Nkosazana Dlamini-Zuma aanstel as adjunk tot en met die 2019 verkiesing.

Sommige ontleders reken egter dat hierdie eerder gesien moet word as ‘n slim skuif om sy eie bas te red en guns te wen by die Natalse ANC, wat dreig om ‘n verslag uit te bring oor Mabuza se twyfelagtige bedrywighede.

Zuma aanhangers het ook onder andere geëis dat indien Zuma sou loop, David Mahlobo en Bongani Bongo in die kabinet moet aanbly.

Hierdie skuiwe is vermoedelik gemaak om Zuma en sy “mede-beskuldigdes” te beskerm.

Ramaphosa het voorheen egter aangetoon dat hy Lidiwe Sisulu verkies as adjunk.

Foto: David Mabuza

Deur: Die Vryburger


 

Enjoyed this post? Share it!