Kondensmelktert

SmullekkerSondag Kondensmelk tert1

1 x blikkie kondensmelk
3 x blikkies water
3 x eiers, geskei
4 x eetlepels maizena
4 x eetlepels vlapoeier
1 x pakkie tennis beskuitjies
pypkaneel

Pak tennis beskuitjies in tert bak.
Gooi die blikkie kondensmelk in die kastrol en voeg die blikkies water by.
Sit stoof op lae hitte.
Skei die eiers en klop eierwitte styf.
Meng nou n halwe blikkie water met die eiergeel, maizena en vlapoeier.
Voeg dit by die kondens in kastrol.
Roer op lae hitte tot styf. Haal van stoof af en voeg eierwitte by, meng goed en gooi in tert bak.
Sprinkel met kaneel, laat heeltemal afkoel en set
(Resep deur Boerekos.com)

Enjoyed this post? Share it!