Konfyt tertjies

konfyttertjies

Maak 60 Tertjies (was my Pa se gunsteling)

Bestandele:
4 x 250 ml (4 k) koekmeel
knippie sout
340 g botter
250 ml (1 k) kookwater
appelkooskonfyt
eiergeel en ’n bietjie melk, geklits
Aanwysings:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n paar bakplate met kossproei.
Sif die meel en sout saam. Smelt die botter in die kookwater en meng by die meel en sout. Vorm in ’n bol, bedek met kleefplastiek en verkoel minstens 4 uur.
Rol die deeg dun uit en druk sirkels uit. Pak die sirkels op die bereide bakplate.
Skep ’n klein bietjie appelkooskonfyt op die een helfte van elke deegsirkel. Verf die kante met water.
Vou die ander helfte oor en druk die kante met ’n vurk vas. Herhaal met al die tertjies.
Verf die tertjies liggies met die eiermelk en bak 25-30 minute of tot goudbruin. Laat afkoel op ’n draadrakkie. Bêre in ’n lugdigte houer.
Huisgenoot

Jam Tarts (Translated on request received from Naomi Padayachee
Makes 60 Tarts
Ingredients:
4 x 250 ml (4 c) Cake flour
pinch of salt
340 g butter
250 ml (1 c) boiled water
apricot jam
egg yolk and a bit of milk whisked

Directions:
Pre heat oven to 180 °C. Spray bake plates with cook& Spay.
Sift flour and salt together. Melt the butter with the boiled water and add to the flour. Mix through and form a ball with the dough. Cover with cling wrap and put in fridge for approx 4 hours..
Roll the dough into a thin sheet and cut out rounds in the sheet . Place the rounds on the bake plate then place a spoon of jam on the one half of the round. Fold the other half over the jam and seal the ends with a fork. Repeat with all the dough. Top the tarts with the whisked egg yolk and milk and bake 25-30 minutes or until golden brown. Let to cool and put it in a airtight container until needed
Huisgenoot

Enjoyed this post? Share it!