Kook die Paddas al in Suid Afrika?

Waar is al die Common Sense Blomme heen?

Common sense is n blommetjie wat nie in elke ou se tuintjie groei nie, inteendeel, as ek sien hoe maklik koop ons in op propoganda dink ek die ou plantjie is heeltemal aan uitsterf.

‘n Mal ou staan tog nie net een oggend op met n bee in sy bonnet en besluit ek gaan nou n paar lande inval en sommer ‘n klomp mense doodmaak waarvan ek nie hou nie. Ek rob nie gou my spaarbussie of reel gou ‘n lening by die bank en begin my oorlog nie.

Of iemand skenk my gou ‘n moerse klomp wapens waarmee ek kan oorlog maak nie. Of nog beter, ek gebruik my laptop en my selfoon waarvan daar absoluut geen seine of bewyse is nie, ongeag my rika registrasie en ek reel gou ‘n paar onervare ouens so bietjie opleiding, reel vir hulle werk en vliegklarings by verskillinde lughawens, gee vir hulle die sleutels van die modernste vliegtuie in die wereld, en stuur hulle om die mees beskermde luggebied in die ganse westerse wereld binne te dring en dade van terreur te pleeg, wat die ganse vryewereld in ellende dompel…

Hallo, en dan wonder bo wonder is al die wereld se hoofstroom media boonop betyds en op die regte plek opgestel om foto’s van my kordaat stuk die wereld in te stuur. Alles hier uit my grot waar nie een enkele van al die verskillinde intiligensie dienste met al die tegnologie in die wereld my nie kan opsoor terwyl ek my kordaatstuk uitvoer nie.
Wat weet ons rerig wat in die wereld aangaan behalwe die snert wat vir ons gevoer word? Weet ons bv. dat die Kremlin gister op gereedheidsgrondslag gesit is na islamietiese aanvalle op russiese soldate,

Weet ons ooit dat die Amerikaners twee jode aangestel het as President en Eerste minister om te regeer in ‘n gebied waar daar ‘n absolute afsku aan jode is a.g.v. die erg mense regte vergrype in Stalin se tyd, of is dit nie nuuswaardig genoeg nie.

Wie het nou weer nog onlangs gese ons nader die “point of no return” op sy groot landgoed in die Kaap, en hier is ‘n leidraad, dis nie die “rassis” Dan Rood nie, ook nie die politieke randeier Steve Hofmeyer nie, en nee Sunette Bridges het dit ook nie gesê nie.

Het ek nou jou aandag mnr .en mev. gemaksug en vernaam, jou krediet kaart is in gedrang.

10685520_1500816293510200_3062575815723661724_n
Wat gebeur na die ineenstorting van die ANC, is daar lewe na die ANC, en waar kom dit vandaan, want verseker is daar meer politieke woelinge en struwelinge as wat voorgee word. Verseker is die strydbyle uit tussen die Zuma ondersteuners en die Zuma teenstaanders en groot kannonne soos kameraad Ronnie word nader getrek, want die vleispotte van Egipte moet ten alle koste beskerm word al is die goed al boomskraap leeg gesteel.
Geen wonder na 20 jaar in ons eie kommunistiese hel hool waar lewe nie ‘n duit werd is nie en net verlede jaar meer as 505,000 mense hulle lewens verloor het, en dis amptelikke syfers, terwyl 20 /30 000 kinders erens betrokke geraak het by kinderhandel, Ja ons kinders wat verkoop word as seksslawe of in pedofiele ringe opeindig, en net in een woonbuurt “Eersterus” getalle van 15,000 gebruikers van dwelms genoem word steier ons so van bakboord na stuurboord nie.

Ons enigste nuusgebeure is n siel siek pop op ‘n idioot se skoot en n verwarde ou vroue kunstenaar wat deur haar eie gemeenskappe vervreemd is, wat skaam is vir hulle eie mense. En natuurlik al hulle verwarde ontnugterde liberale ondersteuners.
Ag wat, waarvoor sal ons omgee, ons is mos nie almal so nie. Alles is reg sê die omie op die preekstoel, ons moet dit eenvoudig net glo.

whitecross
Waar is jou ouers seun vra ek onlangs aan n dronk 8 jarige blanke seuntjie 2 uur die oggend. Waar is jou ma en pa? Ag oom ek weet nie waar is die drink p$# nie, Hy het die pad gevat,

En jou ma vra ek. Sy h@er seker weer erens rond saam met haar boyfriend.

Nou by wie bly jy? By my sussie oom. Hoe oud is jou sussie. Sy is 13 oom, sy kyk na my.

Hoe leef julle, My sussie slaap saam met die taxie ouens vir kos oom.
Ja omie op die preekstoel alles is reg in hierdie mooi land. Ons wag net vir siener om te kom leisels vat.
Kom ons gaan swaai daai donnerse kredietkaarte, Steve Hofmeyer is die vyand, Naspers en die liberale se so.

Deur Callie Mocke

kerk0_n       Padda

Enjoyed this post? Share it!