Korrupte staatsamptenaar gaan vir 8 jaar in tronk sit

‘n Staatsamptenaar van die Departement Justisie, se appèl teen sy vonnis van agt jaar tronkstraf het misluk.

Sammy Aron Mofomme is in 2014 al tot agt jaar tronkstraf gevonnis nadat hy op heterdaad betrap is dat hy omkoopgeld ontvang. Na gerugte oor sy korrupsie is ‘n lokval vir hom gestel. Hy het R400 ontvang, en die geld agter sy staalkabinet weggesteek in sy kantoor in die landdroshofgebou in Pretoria-Noord.

Regter Selby Baqwa het in sy uitspraak sterk standpunt ingeneem teen korrupsie, en dit beskryf as ‘n onsigbare kanker, en gesê die erns van korrupsie kan nie oorbeklemtoon word nie.

Foto: Regter Selby Baqwa

Deur: Die Vryburger


 

Enjoyed this post? Share it!