Krag vir al Jhb se plakkerskampe

eskomDie meeste van Johannesburg se bykans 190 plakkerskampe, behalwe dié wat geskeduleer is om geskuif te word, sal teen ‘n koste van meer as R1 miljard van elektrisiteit voorsien word of op een of ander kragstelsel geplaas word.

Volgens die Johannesburgse stadsraad het hulle besluit om die “onwettiges te wettig”. Die uitgangspunt is onwettige elektrisiteitsaansluitings word buitendien gedoen en daardeur word geld verloor. Deur elektrisiteit te verskaf asook voorafbetaalde meters te installeer kan daar ten minste ‘n inkomste mee genereer word. – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!