Kruisskyf

Bestanddele
6 x 250 g-kruisskywe
sout en peper
koljander
braaisous

Maak so
Verseël die steak aan albei kante.
Braai op die langste 3 min.
Geur met die sout, peper en koljander.
Gooi die braaisous oor na smaak en braai nog 2 min. weerskante.

Knoffel-en-kaassous

Bestanddele
¼ k koekmeelblom
500 ml (2 k) melk
45 ml (3 e) margarien
gerasperde kaas na smaak
2 knoffelhuisies, fyngedruk
pietersielie na smaak
sout en gemaalde swartpeper na smaak

Maak so
Meng die meel en ’n bietjie van die melk tot ’n loperige mengsel vorm.
Kook die res van die melk saam met die margarien.
Sodra die mengsel kookpunt bereik, gooi die meelpasta in.
Roer vinnig tot dik en verwyder van die hitte.
Voeg die gerasperde kaas, knoffel en pietersielie by.
Geur met die sout en peper.

Huisgenoot 28 Maart 2016


 

Enjoyed this post? Share it!