Kul jou hier, kul jou daar – Zuma probeer tot sy geluk by Mentoor

Vytjie Mentoor, vorige LP van die ANC, het ‘n boek die lig laat sien waarin sy beweer dat Jacob Zuma by twee geleenthede sy “geluk” probeer het by haar.

Die eerste geval was in die vroeë 1990’s en later weer in die middel 2000’s.

Haar boek getiteld “No holy cows” het sopas die lig laat gesien en moedig vroue aan om die moed aan die dag te lê om seksuele teistering aan te meld.

Sy glo ook dat sy nie die enigste slagoffer is in die ANC nie, aangesien die party nie vroue beskerm binne party strukture nie.

In haar optrede voor die Kaapstadse Persklub het sy ook voorspel dat die ANC vinniger sal verbrokkel indien Jacob Zuma se voormalige vrou, Nkosazana Dlamin-Zuma, die leier van die party sal word.

Bron: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!