Lae vet, lae kalorie wortelkoek

Lae vet, lae kalorie wortelkoek
SmullekkerSondag PIESANG EN WORTELKOEK
Hierdie koek is geskik vir diabetes en mense wat˜n laekaloriedieet volg.

(12 porsies)

Koek:
2 k koekmeel
½ k hawermeel
2 t bakpoeier
knypie sout
2 t kaneel
1 k Sugalite
2 k fyngerasperde wortels
½ k gekapte neute
⅔ k fyngedrukte pynappel (sous afgegooi)
1 k laevet karringmelk
½ k sonneblom-/canolaolie
1 t vanielje-ekstrak
3 eiers
2 e bruinsuiker
Maaskaasversiersel
1 t gelatienpoeier
2 e kookwater
2 e sugalite
½ t venielje-ekstrak
250 g gladde laevetkaas
125g roomkaas

Koek:
Meng die droë bestanddele saam in˜n groot mengbak. Voeg die wortels, neuter en pynappel by. Meng die karringmelk, oilie, eiers en vanielje-ekstrak saam. Voeg by die wortelmengsel. Skep deeg in ˜n gesmeerde koek van 160 mm by 160 mm 60mm. Bak 50-60 minute by 160˚C. Gooi die koek uit op˜n afkoelrak en laat heeltemal afkoel voordat jy dit versier.
Versiersel:
Los die gelatien in warm water op en laat afkoel tot kamertemperatuur. Vou die gelatien met die sugalite & vanielje-ekstrak in die kaas in. Smeer op die koek. Versier met ˜n vars wortel en bedien. (deur pasela) geniet ♥

Enjoyed this post? Share it!