Landbou ekonomies sukkelend

Landbou ekonomies sukkelend

droogte

Die droogtetoestande in Suid-Afrika is besig om sy tol te eis, en die landbou se ekonomiese vermoë toon reeds dat die rooilig aangeskakel is.

Vir ’n derde agtereenvolgende kwartaal het die landbou-ekonomie ’n dalende syfer getoon, en die huidige prentjie voorspel niks goeds nie.

Die bedryf het in sy derde kwartaal van die jaar ’n daling van bykans 13% getoon, en is een van die hoofredes waarom die land byna in ’n resessie beland het.

Die gegewens wat deur Statistiek Suid-Afrika vrygestel is, wys dat landbou, bosbou en visserye gesamentlik meer as 16% gekrimp het in die jaarbasis, soos gemeet in die derde kwartaal.

Landbou-ekonome sê die dalings voorspel niks goed vir die land nie, en is ’n rede tot ernstige kommer omdat landbou nie net die land se spens moet voorsien van lewensmiddele nie, maar ook ’n beduidende rolspeler in die totale landsekonomie is.

Die swakker Rand, duurder goedere wat ingevoer word soos plaaswerktuie is van die belangrikste faktore wat saam met die ernstige droogte, ’n negatiewe uitwerking het op voedselproduksie.- Vryburger

 

Enjoyed this post? Share it!