Landsvlag dalk op skooldrag

FlagDie ANC-bestel se Suid-Afrikaanse vlag moet vanaf aanstaande jaar op skooldrag pryk, indien die LUR vir onderwys in Sentraal-Transvaal, Panyaza Lesufi, sy sin kry.

Lesufi het sy jongste vendetta op sosiale media begin om voorbrand te maak vir sy versugting dat die vlag op skooldrag aangebring moet word net soos dit deur die nasionale sportspanne vertoon word.

Sy voorstel op Twitter volg op die departement van kuns en kultuur se veldtog dat die Suid-Afrikaanse vlag by elke skool vertoon moet word. Die veldtog behels die hysing van die vlag, die sing van die ‘nuwe nasielied’, die opsê van die grondwet se inleiding en om meer omtrent die nasionale simbole te leer.

Lesufi het nie aangedui of die embleem ‘n geborduurde wapen sal wees, ‘n lapelwapen of iets dergeliks sal wees nie. – Vryburger 

Enjoyed this post? Share it!