Landswye aanvalle teen boere duur voort

Plaashek2-300x225In twee plaasaanvalle in die omgewing van Ladysmith het die inwoners wonderbaarlik aan die dood ontkom.

Op die 24ste is ‘n boer in die Talavallei aangeval. Na bewering het die terroriste die diefwering afgesaag en deur ‘n venster wat op ‘n skrefie oop was, die huis binnegekom.
Hulle het die boer met vuurwapens aangehou en hom geforseer om die deur oop te maak sodat die res van hulle bende in die huis kon kom. Daarna is hy aan ‘n stoel vasgemaak en aangerand.
Daar was niks te steel in die kluis nie, waarop die terroriste elektroniese goedere en klere gesteel het en met die man se motor skoonskip gemaak het.
Lede van Magma Sekuriteit het die motor teruggevind naby Inchanga. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Kersoggend, net na 09:00 is Eddie Oates (54) en sy vrou Marion op hulle plaas in die Bestersarea naby Ladysmith deur twee terroriste aangeval.
Een van die terroriste het probeer om Oates dood te skiet maar die wapen het nie afgegaan nie.
Die terroriste het toegeslaan toe die egpaar gereed gemaak het om familie te gaan besoek.
Die terroriste het Oates aangerand en geforseer om die kluis oop te sluit. Marion is ook aangerand.
Die twee het te voet ontsnap. Hulle het ligte kaliber wapens en kontant gebuit. Na bewering het ‘n motor vir hulle naby die N3 gewag wat sowat ‘n km van die huis is.
Marion het die aanval oor die radio gerapporteer en Oates het hulle in sy bakkie agterna gesit.
Boere, polisie en sekuriteitsmense het hulle ingehaal. Alle gesteelde goedere is teruggevind en die twee terroriste is gearresteer.
Soortgelyke aanvalle het ook op boere in die Greytown en Nottingham Roadareas plaasgevind.
Die 19de Desember is Joe Fabian deur terroriste vermoor. Hy het die huis op die plaas in Greytown gehuur.
Sy vrou Cathy is beveel om vir haar lewe te pleit en is ongedeerd.
Op 15 Desember is Thomas and Cynthia Hartley deur drie terroriste op hulle beesplaas in Nottingham Road aangeval.
Koos Marais van die KwaZulu-Natal Landbou-unie se sekuriteitsafdeling sê die aanvalle wat nou al helder oordag plaasvind dui op hulle arrogansie. Hy het weereens ‘n beroep op boere gedoen om paraat te wees – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!