Lekker en Maklike Karringmelk beskuit

Beskuit resep (op aanvraag van Karin Preez)

Lekker en Maklike Karringmelk beskuit resep.

beskuit

– 9 koppies meel
– 2 pakkies kitsgis of jou eie suurdeeg plantjie se suurdeeg
– 1 opgehoopte t sout
– 1 koppie suiker
– 1 eier
– 500gr botter of margarine
– 500ml karringmelk of maas(inkomasi)
– 1 koppie kookolie
– 1 koppie vrugte(cake mix)

Oond
Sif al die droe bestandele saam en vryf dan die botter in tot krumelrig.
Klits die eier en die suiker saam tot romerig en voeg by die droe bestandele.
Meng die vrugte – mengsel,olie en karringmelk laaste in..Knie deur en laat omte rys tot dubbel die hoeveelheid.
Plaas die deeg in ‘n gesmeerde oondpan en versprei eweredig oor die bodem van die pan.Laat rys en
Bak vir ongeveer 40 minute teen 180C in voorverhitte oond.
Haal uit die oond en laat die beskuit afkoel.
Keer uit pan en laat verder koel.
Sny die beskuit in lang snye soos brood en deel dit in porsies.
Droog uit in lou oond vir so drie ure. Deur maklike resepte

Enjoyed this post? Share it!