Lemoen-en-dadelmuffins

Lemoen-en-dadelmuffins
Lemoen en dadel muffins
Hierdie verfrissende muffins sal heerlik smaak saam met jou oggendkoffie.

Lewer 15
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 25 min.
580 ml (2⅓ k) meel
10 ml (2 t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
2,5 ml (½ t) sout
140 g dadels, grof gekap
50 g pekanneute, grof gekap
70 g stroopsuiker
2 lemoene, in skywe gesny
125 ml (½ k) lemoensap
2 eiers
150 g botter, gesmelt
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 12-holte-muffinpan.
1. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout in ’n mengbak. Voeg die dadels en pekanneute by en meng.
2. Voeg die stroopsuiker by en meng weer.
3. Plaas die lemoene saam met die lemoensap in ’n voedselverwerker en verwerk tot die skil fyn gekap is.
4. Voeg die eiers by pols tot die eier ten volle in die vrugtepulp ingemeng is. Voeg die vrugtepulp saam met die gesmelte botter in die meelmengsel en roer tot net gemeng.
5. Skep die beslag in die gesmeerde muffinpan en bak 25 min. of tot ferm en goudkleurig.
Huisgenoot

Enjoyed this post? Share it!