Lesufi dagvaar Afrikaanse skool op grond van taalbeleid

Die omstrede en Afrikaner-vyandige Gautengse LUR vir onderwys, Panyazu Lesufi, het hom tot die hof gewend in ‘n aansoek teen Hoërskool Overvaal nadat die skool geweier het om 55 bykomende leerlinge in te neem op grond van hul taalbeleid.

Die departement sukkel om nog 31 000 leerlinge te plaas voor die skole heropen.

Overvaal is bereid om Afrikaanssprekende leerlinge in te neem maar Lesufi beskou dit as diskriminasie.

Die skole oorlog het sopas begin met die departement se voorgestelde wetswysiging wat magte van beheerliggame gaan inkort.

Waarnemers wys op die belofte van die NP se “eie skole” belofte wat besig is om tot sy volle konsekwensie te kom. Ouers wat nog staatmaak op “ons Hoof” en “ons beheerliggaam” is in vir ‘n skok.

Daar word verwag dat CVO skole ‘n toename in aansoeke sal ontvang waar ouers nie langer multikulturele onderrig deur multikulturele personeel gaan aanvaar nie.


Enjoyed this post? Share it!

 
  • Funsa

    Is dit nie lekker in ons nuwe, verbeterde, demokratiese SA van de Klerk en Ja-stemmers nie?? Ons is nou leierloos in ‘n Blank-vyandige en spesifiek Afrikaans-vyandige bestel wat ons bankrot besteel. Ons grond word weggeneem en nou selfs ons Taal en kultuur. Werkgeleenthede is ge-oormerk vir AA, BEE, BBBEE en kader-ontplooing en dit sluit ons as Blankes uit. Dankie aan julle sotlike idiote wat die baba met die badwater uitgegooi het.