Lesufi se jakkals prys sy eie stert

Lesufi se jakkals prys sy eie stert

Sentraal Transvaalse LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, het die top-presterende provinsie, Wes-Kaap, geluk gewens met hul 84,7% slaagsyfer.

Hy het egter aangedui dat Sentraal-Transvaal beplan om daardie plek in te neem.

Ten spyte van sy verklaarde gevoel van “nederigheid” het hy voortgegaan om sy eie bydrae tot die provinsie se matrieksukses op te hemel.

Volgens hom het hy en sy department die uitdagings rondom onder andere die “papierlose klas” suksesvol oorkom.

Die beleid om graad 11 leerlinge na twee onsuksesvolle jare bloot te “bevorder” is blameer vir die noodwendige rem-effek op die matriekslaagsyfer, nogtans het LUR Lesufi die beleid verdedig.

Dit is opmerklik dat verskeie brandpuntsake in die provinsie deur die LUR geïgnoreer is in die pryssang, onder andere naakte neo-rassisme in provinsiale skolebeleid, inmenging teen beheerliggaam-outonomiteit  en skole waar swak sanitasie skokkende afmetings aanneem.

Lesufi is ´n uitgesproke neo-rassis wat telkens sy department se tekortkominge blameer op blanke invloede. – Vryburger

Enjoyed this post? Share it!