Liberale ANC aanhanger, Carl Niehaus,ontbloot as ‘n groot leuenaar

Die liberale ANC aanhanger, Carl Niehaus, is vir die soveelste keer uitgevang dat hy lieg.

Hierdie keer het hy volgens Sondagkoerante ‘n “skema” uitgedink toe hy ‘n besigheidsman, wat hy geld skuld, vertel het dat sy ma gesterf het en dat hy, Niehaus, miljoene gaan erf.

Niehaus skuld glo R4,3 miljoen aan ‘n verhuringsagentskap vir twee eenhede in Sandton.

Sy 88-jarige ma is egter springlewendig in woon in ‘n aftree oord.

Vals dokumentasie is skynbaar deur Niehaus voorberei, waaronder korrespondensie van ‘n Sanlam “direkteur”. Sanlam het intussen bevestig dat die dokumente vals is en die saak verwys na hul regs en forensiese afdeling.

Dit is blykbaar ‘n herhaling van 2011, toe Niehaus ‘n soortgelyke “poging” aangewend het. Toe was sy vader in die prentjie.

Niehaus, wat tans dien op die veterane van MK se uitvoerende komitee, het daaroor ook gelieg, want skynbaar was hy nooit ‘n lid van MK nie.

Hy het vroeër uit die ANC bedank nadat hy uitgevang is op bewerings van bedrog. Tans is hy een van die groot ondersteuners van Nkosazana Dlamini-Zuma en wil haar graag as opvolger van Jacob Zuma sien.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!