Lichtenburg op gereedheidsgrondslag na borgtog van plaaslike besigheidsman toegestaan is

Gemoedere in die Wes-Transvaalse dorp loop hoog nadat Jaco du Plooy, ‘n plaaslike besigheidsman, borgtog van R20 000 toegestaan is in die saak waarin beweer word dat hy ‘n 15-jarige jeugdige doodgeskiet het tydens onluste in die omgewing.

Volgens Du Plooy het hy homself en sy eiendom verdedig toe hy aangeval is tydens gewelddadige betogings, waarby die 15-jareige skynbaar betrokke was in plaas daarvan om op die skoolbanke te sit.

‘n Inwoner van die omgewing het aan Die Vryburgers gesê dat Lichtenburg sleg ‘n haardikte weg is van totale burgeroorlog en anargie.

Foto: Betogers by Lichtenburg hof


 

Enjoyed this post? Share it!