Londen Terreuraanval ontbloot wêreld se Dubbele Standaarde oor Plaasmoorde – BoerAfrikaner Volksraad

In die jongste terreur-aanval in die Westerse wêreld op 22 Maart 2017, is 4 burgers in Londen, Engeland (waaronder ‘n polisie-beampte) in ‘n terroriste-aanval gedood en 40 gewond. Dit word wêreldwyd veroordeel; met ondersteuning en solidariteit aan Brittanje deur state soos Duitsland en Frankryk, wat ook reeds onder soortgelyke  terreuraanvalle deurloop. Die Boere-Afrikaner Volksraad vind dit laakbaar dat soortgelyke dade in Suid-Afrika teen ons volk, geen internasionale hoofstroom-nuusdekking haal- of veroordeel word nie.

Die Britse Regering het in die “apartheidsjare” huisvesting en beskerming aan die ANC verskaf; ‘n terroristiese ANC wat terreurdade in Suid-Afrika gepleeg het. Noudat dieselfde soort dade in Brittanje gepleeg word, is die Britse Regering gou om sy lot te bekla.

Margaret Thatcher, ‘n voormalige premier van Brittanje, was ‘n voorbok om druk op PW Botha uit te oefen dat hy die terroris Mandela moes vrylaat en aan die ANC-terreurbende oorgee. Die Weste is nou besig om self die wrange vrugte van hulle integrasie-waansin te pluk.

Die Volksraad herinner die reeds-geadresseerde ambassadeurs en ander rolspelers in die internasionale gemeenskap om dringend te bemiddel in die dispuut tussen die Volksraad en die ANC. Daardie dispuut volg uit laasgenoemde se weiering om vreedsaam te voldoen aan ons eis vir soewereine onafhanklikheid vir die Boere-Afrikanervolk in ons eie grondgebied. Slegs deur staatkundige vryheid, sal ons die aanslag teen ons die hoof kan bied.

Die handhawing van dubbele standaarde deur Regerings en gemeenskappe sover dit ons volk betref, is vir die Volksraad eens en vir altyd onaanvaarbaar. Dit is niks anders as ‘n poging om die Afrikaner-Boervolk te verneder, te vertrap en uiteindelik uit te wis nie.

Die Volksraad eis nou geregtigheid: As die enkele terreuraanslag in Brittanje so oorweldigend veroordeel word, moet die duisendmaal erger aanslag op ons volk se lewens en eiendom tot ongekende internasionale druk lei ten gunste van Vryheid vir die Boer.

Steyn van Rönge

Vise-Voorsitter, Volksraad


Lees ook: Regering het tot 31ste Mei om Boere-Afrikaner Volksraad te antwoord waarna VN genader gaan word.


 

Enjoyed this post? Share it!