LP’s is besig om te bedank .. een vir een !!

Mcebesi Jonas, Dipuo Peters en Tina Joemat-Peterson het as LP bedank nadat Zuma hul as ministers weggejaag het.

Dit beteken dat die ANC nuwe parlementslede kan aanwys, en die vermoede is dat die een LP pos aan Nkosazana Dlamini-Zuma sal gaan. Tydens haar ex se laaste kabinetskommeling is sy nie oorweeg nie, waarskynlik omdat sy nie ‘n parlementslid was nie. Jacob Zuma kan nou moontlik probeer om haar nou in die parlement te kry, sodat hy haar later in die kabinet kan intrek.

Daar word ook verwag dat Pravin Gordhan as LP kan bedank om ‘n pos in die privaat sektor op te neem.

Intussen word beweer dat Malusi Gigaba, Gordhan se opvolger as minister van finansies, ‘n aantal geskenke ontvang het, onder andere van die Russiese ambassadeur. Hy erken ook dat hy die Gupta broers ontmoet het maar dat “niks daarin gesien moet word nie.”


politiek - tina joemat pettersson

politiek - mcebisi jonas

politiek - dipuo peters

Enjoyed this post? Share it!