Lughawe misdaad verby? – Sien is glo

Volgens die minister van polisie, Fikele Mbalula , is die dae verby van misdaad by lughawens nadat ses verdagtes gearresteer is die naweek.

Die verdagtes is gearresteer in verband met die rooftog op buitelandse diplomate wat in die land aangekom het, en wat van die lughawe af agtervolg is.

Enkele weke gelede was dit selfs in die internasionale media hoofnuus toe ‘n groep Nederlandse toeriste beroof is net buite die lughawe, waarna hulle summier hulle besoek aan die land opgeskort het en teruggekeer het na Nederland.

Intussen is die Irakese ambassadeur erg ongelukkig nadat ‘n Irakse afvaardiging deur misdadigers beroof is toe hul vanaf Tambo agtervolg is.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!