Ma se kêrel Gordon verdwyn na seuntjie 6 se lyk gekry is

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê die lyk is Donderdag in Friedlanderstraat gevind.

“ ’n Verbyloper het omstreeks 07:00 op die oorskot afgekom. Die polisie is dadelik ontbied. Ons het ’n dringende soektog begin.

GORDON IS SEDERTDIEN VERMIS. ONS GLO DAT HY DIE POLISIE IN DIE ONDERSOEK KAN BYSTAAN.

“Die seuntjie is Woensdagaand laas lewend gesien. Hy was saam met sy ma se vermeende kêrel, wat as Gordon bekend staan.

“Gordon is sedertdien vermis. Ons glo dat hy die polisie in die ondersoek kan bystaan. Hy moet sonder verwyl by die naaste polisiekantoor aanmeld.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Ons versoek die gemeenskap om ons in die ondersoek by te staan en enige bruikbare inligting aan die polisie te verskaf.”

Mense met inligting moet die ondersoekbeampte, kapt. Matshidiso Mofokeng, by 082 455 3873 of 053 632 9545 bel.

Bron: Netwerk24


 

Enjoyed this post? Share it!