Maalvleispasteie met rissiejogurt

maalvleispastei
GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 40 min.
15 ml (1 e) olie
2 knoffelhuisies, fyngedruk
300 g maer beesmaalvleis
300 g spinasie, stele verwyder en grof gekap
30 ml (2 e) soet sojasous
sout en vars gemaalde peper
500 g skilferkorsdeeg
1 eier, geklits
JOGURT
125 ml (½ k) Griekse jogurt
2 brandrissies, gekap
skil van 1 suurlemoen
Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n groot bakplaat met kossproei.
Verhit die olie en braai die knoffel tot geurig. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot bruin.
1. Voeg die spinasie by en roerbraai tot verwelk. Roer die sojasous by en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak. Skep uit en hou eenkant om af te koel.
2. Rol die deeg liggies uit op ’n meelbestrooide oppervlak en sny in 4 gelyke blokke.
3. Skep van die vulsel aan die een kant van ’n blok, verf die kante liggies met die eier en vou die ander kant van die deeg oor die vulsel. Seël die kante met ’n vurk.
4. Herhaal met die res van die deeg en vulsel.
5. Sny ’n gleufie in die middel van elke pastei en verf met die eier.
6. Pak op ’n bakplaat en bak 15-20 min. tot goudbruin en gaar.
7. Jogurt Meng alles en sit voor saam met die pasteie.
Vir ’n gesonder opsie: Maak die pasteitjies met filodeeg pleks van skilferkorsdeeg, wat baie botter beva
Deur Huisgenoot Digitaal op Maart 18, 2015

Enjoyed this post? Share it!