Maklike oondgebakte frittata

Oondgebakte frittata

Maklike oondgebakte frittata

Lekker ligte middagete
(4 – 6 porsies)
• 30 ml olyfolie
• 6 sprietuie, in klein blokkies gesny
• 6 murgpampoentjies, in skywe gesny
• 1 rooi soetrissie, in klein blokkies gesny
• 100 g ontpitte swart olywe, gehalveer
• 70 g gruyèrekaas, gerasper
• sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
• 6 groot eiers
• 6 middelslag-aartappels, geskil
• hand vol vars bronkors (watercress)
• ekstra gruyèrekaas om skaafsels mee te maak
Verhit jou oond tot 200°C. Gooi die olyfolie in ’n pan wat in die oond gesit kan word. Plaas al die groente in die pan en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit die pan in die oond en rooster vir sowat 10 minute. Kook die aartappels tot gaar en hou eenkant warm. Klits die eiers goed. Voeg die gerasperde kaas en olywe by die geklitste eiers. Haal die pan uit die oond en gooi die geklitste eiermengsel oor die groente. Meng alles goed. Plaas die pan terug in die oond en bak vir sowat 20 minute tot die eiers gestol is. Sny die aartappels in skywe. So ook die frittata. Sit dan een skyf frittata op ’n opdienbord. Plaas skywe warm aartappel bo-op en dan nog ’n skyf frittata. Rond dit af met vars bronkors en gruyère-skaafsels.
Sarie 20 Januarie 2009

Enjoyed this post? Share it!