Malema – Afgetrede blankes moet help

Op ‘n vraag van die media waar die kundige mense is om die EFF se manifes-beloftes uit te voer, het Julius Malema op die ingewing van die oomblik onthou van afgetrede blankes, en spesifiek nogal diegene wat van “die beste Afrikaner-munisipaliteite bestuur het”.

Die skielike teruggryp na “ou (wit) mans” is nie bedoel dat hulle weer ‘n munisipaliteit moet bestuur nie, maar om jong mense (sekerlik swart) te mentor.

Volgens Malema het hulle, met verwysing na die afgetrede Afrikaners, nou aanvaar dat hulle ‘n bose stelsel ondersteun het en hulle wil terugploeg.

“Ons kort Suid-Afrikaner wat patrioties is, wat hul land liefhet. Hulle is hier – baie van hulle. Hulle word net nie die geleentheid gegee nie,” het Malema tydens ‘n gespreksgeleentheid van ‘n Engelse koerant kwytgeraak.

Foto – Julius Malema

Bron: Vryburger


Enjoyed this post? Share it!

 
  • Elna Kupke

    die mal ding se kop raas!!!

  • proudafrikaner

    Die f@kken ding rook sy sokkies.