Malema: “Afrikaans gebruik word om wit heerskappy in Suid-Afrika te laat voortbestaan”

Julius Malema se uitlating by die gradeplegtigheid waar hy ’n honneursgraad in filosofie ontvang het dat “Afrikaans gebruik word om wit heerskappy in Suid-Afrika te laat voortbestaan”, is ’n tipiese Malema rassehaat-uitspraak.

Die HNP se hoofsekretaris, mnr. Louis van der Schyff, sê Malema is reg dat Afrikaans ’n Witmanstaal is, maar daar is geen manier dat ’n taal of taalgebruik politieke heerskappy kan verseker nie.

“Volkskap strewe na vryheid en politieke mag. Daarom strewe die Afrikaner steeds na volksvryheid, en praat as volk Afrikaans. Dieselfde geld vir ander volke se strewe daarna om oor hulleself te regeer,” sê mnr. Van der Schyff.

“Dat die politieke heerser ’n bepaalde taal gebruik, soos wat die onwettige heersende ANC Engels as regeertaal gebruik, is waar. Die regeerder kry die politieke mag deur verskillende maniere, soos deur oorlog of (soos in die geval van die ANC) bloot deur die politieke magsoorgawe in 1994 deur die De Klerk-bewind. Daar is nie vandag wit heerskappy en nog minder Afrikaanse heerskappy in Suid-Afrika nie.

“Dat Malema vir hierdie rassehaat-stelling ’n honneursgraad ontvang het, gaan alle redelike verstand te bowe. ’n Graad in rassehaat sou dalk baie meer gepas gewees het, sê mnr. Van der Schyff.

Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!