Malema: As boere wéér betoog, sal EFF hulle ‘ontmoet’

Julius Malema het Donderdagmiddag uitgevaar teen die betogings wat op Swart Maandag plaasgevind het.

Malema het saam met EFF-lede deelgeneem aan ’n betoging voor die Israelse ambassade in Pretoria teen die “kaping van Palestina”.

“Bevry die mense van Palestina,” het die leier van die EFF gesê.

“Dit is nonsens wat wit Afrikaners Maandag aangevang het in Tshwane. Ons ondersteun nie sulke nonsens nie.

“Wat nog erger is, is dat die polisie bang is vir wit mense. In plaas daarvan om hulle te skiet met rubberkoeëls, het hulle foto’s geneem van die wit mense . . . terwyl hulle die stad Tshwane ontwrig het,” sê Malema.

Hy sê die polisie het ’n geleentheid misgeloop om wit mense se velle te toets met rubberkoeëls. Die minister van polisie het nie eens polisiebeamptes beveel om die “rassiste” te skiet wat deelgeneem het aan Swart Maandag nie.

“Hulle het ons paaie versper en hulle het ons kinders verhoed om hul finale matriekeksamens te skryf. Die nuttelose polisie van die stad Tshwane! Hulle het niks gedoen aan rassisme nie al het hulle dit Maandag gesien.”

Malema het verder gesê die ANC is bang vir wit mense, Israel en Afrikaners, en dít is hoekom dié party niks oor Swart Maandag gedoen het nie.

Hy sê die EFF sal op dieselfde dag wat boere weer beplan om te betoog, ’n teenbetoging hou.

“Ons kan nie wit mense toelaat om te doen wat hulle wil in hierdie land nie. Laat hulle die datum aankondig waarop hulle terugkom Tshwane toe en laat ons hulle gaan ontmoet.”

Die gewoonlik stil, voorstedelike strate van Lynnwood in Pretoria is ontwrig toe honderde EFF-ondersteuners in rooi T-hemde en barette opgedaag om na Malema te luister te midde van ’n groot polisieteenwoordigheid.

“Dít wat in Palestina gebeur, is besig om ondergronds in Suid-Afrika te gebeur onder die heerskappy van die ANC. Ons moet dit nie toelaat nie,” het Malema gesê.

Hy sê dit wat in Palestina gebeur, herinner hom aan Suid-Afrika se eie moeilike verlede.

Malema het gesê die EFF sal elke jaar op die herdenking van die Balfour-verklaring byeenkom om te betoog.

Sowat 600 betogers het opgedaag om te luister na hul leier, Julius Malema.

Die Balfour-verklaring is tydens die Tweede Wêreldoorlog deur die Britse regering uitgereik om hul ondersteuning te verklaar vir die vestiging van ’n nasionale tuiste vir die Joodse mense in Palestina.

“Kom ons laat mense verstaan dat daar mense is wat steeds ly onder die onderdrukking deur Israel wat ondersteun word deur Brittanje en Amerika,” het Malema gesê.

“Wat Israel aan Palestina doen is verkeerd. Ons staan nie saam met die kolonialiseerders nie.”

Deur: Netwerk 24


Enjoyed this post? Share it!

 
  • Boer

    Hier kom oorlog

  • Luan van Aswegen

    Weet ne , ek as n 16 jarige tiener weet nie alles nie . Maar die feit dat wit en swart mense nounog nie oor die weg kan kom met mekaar nie is pateties . Ons almal is mense , ons verskil van mekaar . Maar hoekom al die bakleiery oor goed wat nerens kom nie . Is dit wat God wou sou he ? Miskien moet mense meer begin fokus op hul geloof as om op ander te fokus . Wat gaan van die land word oor 10 jaar van nou af ? Ek wil nie inmeng met die sake nie . Maar wanneer gaan ons oor die weg kan kom met mekaar ? Vir wat word daar reeig baklei ? Is dit net om identiteit te kry of hoe ? In die bybel staan daar , ” jesus anvaar jou nes jy is maak nie saak hoe en wat nie ” baie mense mag dalk nie in die here glo nie . Maar dit is hul keuse . Die saak van die EFF wat gaan staptog het , hoekom? Hoekom moet ons mense betrek word by dinge wat ons nie eers moet raak nie ? Mens raak gatvol om heeltyd negatiewe stories te hoor en te lees wat aan gaan . Almal vra waneer gaan daar n verandering kom , ek vra dit ook .

    • Saffa Coza

      Hi Luan, wat jy sê klink reg en klink goed en in mense se daglikse wereld is dit seker vir die beste. Maar alles is deel van iets groter en in die eiende is ons almal maar deel van die Skepping.
      Soos jy sê is ons almal mense, maar dit betekennie dat ons almal dieslefde moet wees. Inteendeel. Ek verwag nie dat ‘n 16 jarige wat in die nuwe kommunistiese SA groot geword het sal verstaan nie, maar dit draai om ware diversiteit.
      In die skepping, vir ‘n spesie om te oorleef moet hulle diversiteit hê. Dit is nou genetiese verskeidenheid. As ons almal net meng met geen denke oor die bewaring van ware diversiteit, kort voor lank het ons almal bruin oe, bruin hare en brein vel (om simplisties te wees). Dan as daar een dag ‘n siekte of virus kom wat bruin oe teiken…. poef – en die mensdom is geskiedenis.
      Die skepper het dus in elke persoon die drang ingebou om aan ‘n groep te behoort, maar ook ‘n groep wat bietjie anders o spesiaal is. Dit is die drang om diversiteit te bewaar.
      Die res is poltiek waar indivudieele mense, soos malema en zuma, persoonlikke mag en krag vir homself wil inpalm. Dit is maar hoe dit werkin Afrika.
      Onthou Afrika het meer as 7,000 stamme, 2,400 tale, maar net 52 lande! Is dit enige wonder hulle baklei so? Goeie grense maak goeie bure… Ongellukkig is daar mwense wat die hele wereld wil oorheers en dit is hulle wat almal so saam forseer. Dit is buite SA se hande…

      • Luan van Aswegen

        Ek verstaan wat jy se . Almal wil mag en besitting he vir hulself . Maar gee dit hul die reg om ander te hanteer of hulle niks is nie. Die foute wat ander mense maak moet ons nie aan lei nie. Wat is die doel wat malema wil bereik ? . As jy kyk wat aan gaan in vandag se land . Dink jy daar gaan veel oor van dit wees oor 10 jaar as dit so aangaan . Waneer gaan mense begin op staan vir die regte doel ? Ons sit in n land waar almal net vir hulself omgee en dink die son skuin uit hul agterend uit . Daar word beloftes gemaak deur die president ens… , mense glo hom elke keer , watse verandering is daar gemaak ? Net mooi niks nie . Ek dink mense moet begin weet en werklik begin raak sien wat aangaan in vandag se leeftyd . En ophou vertel word wat hulle wil hoor. As swart en wit mekaar moes dood maak en vernietig , sou dit mos nou so in die WOORD gestaan het . God het nie ons geskep om dood te maak en te vernietig nie . Hy het iets aan ons gegee (die wereld) en kyk wat maak ons daarvan . Almal dink aan nou , wat nou of more gaan gebeur . Wag tot die wegrapping gebeur , almal dink dit is ” fun and games” . My maat . God is nie n speeletjie nie . Mors met kinder van god en daar aal nagevolge wees . Wat jy saai sal jy maai.

        • Saffa Coza

          Malema word deur die Engelse wereld oorheersers aangehits. Zuma werk stilletjies vir die Zoeloe.
          Die maligheid waar almal net van homself dink is ook iets wat die wereld oorheerser (Liberal World Order) aspris aanhits. Mense gee meer on vir die volgende iPhone of 4×4 as wat hulle oor hulle eie volk omgee.
          Dit maak di tbaie maklik vir die geldmag om die wereld oor te neem. Hulle maak seker dat slegte leiers in mag bly in Afrika want hulle wilne hê dat daar weer ‘n magtige land ontwikkel wat hul oorheerskapye bevraagteken nie.
          Glo my, rassisme het niks met die aftakeling van apartheid te doene gehad nie, dit was net die verskoning wat dit makliker gemaak het, en mense het dit opgeet vir soetkoek.
          Nee dit is nie nodig om mekaar dood te maak nie maar as jy die grense verwyder en die 13 nasies van SA in een in druk gaan dit mos natuurlik gebeur, en dit sal verhoed dat daar weer ‘n sterk nasie ontwikkel.
          Mense se koppe is diep in die sand ingedruk. https://uploads.disquscdn.com/images/5ff6a32a2ef846f443b74204429a24f9958bf16ad5dece98197ace2bddcd3884.jpg

    • As jy twee verskillende tipe bye in dieselfde nes sit, is dit pateties omdat hulle nie oor die weg kom nie?
      Nee dit is die natuur wat diversiteit probeer bewaar.
      As jy grense tussen mense wegneem, natuurlik gaan daar probleme wees. Dit word doelbewus gedoen deur mense wat die hele wereld wil regeer en oor almal wil regeer. Hoe gaan hulle oor almal kan regeer as hulle in verskillende lande sit? So hulle vernietig al die lande en skep een groot wereld land – dit is wat die geldmag al vir die laaste eeu probeer doen… maar die natuur werk teen hulle.
      Aan watter kant is jy? Die natuur, of die wereld oorheersers?