Malema reken – “Swart kinders moet grond besit en wit kinders huur” .

“Swart kinders moet hulle eie grond besit en moet wit kinders huur om die grond te bewerk,” aldus die EFF-leier Julius Malema.

Hierdie populistiese tipe uitspraak van hom in Secunda op jeugdag moet waarskynlik gekoppel word aan sy praktiese insig dat “afgetrede blankes” wat suksesvolle “Afrikaner-munisipaliteite bestuur het, benut moet word om die EFF se munisipaliteite te laat werk.

Malema is onlangs tydens ‘n funksie gevra hoe die EFF al sy verkiesingsbeloftes oor munisipaliteite (se bestuur) gaan deurvoer. Hierop het hy na die “afgetrede blankes” gegryp wat glo net as mentors moet optree vir swartes.

Klaas en baas se rolle word in die Malema-uitspraak gekoppel aan grondbesitter en huurling.

Die praktyk spreek egter vanself: “Afrikaner-munisipaliteite” het gewerk en Afrikaner-plase is suksesvol.

Die hoë mislukkingskoers van plase in swart besit is algemene kennis. Blanke plaasbestuurders word dikwels deur swartes ingespan juis om sukses te verseker.

Tans is daar nog kos op die winkelrakke wat deur kommersiële boere geproduseer word, ondanks ‘n droogte en die nadraai daarvan. En in baie gevalle word daar steeds produkte uitgevoer.

Hierteenoor vertel kosproduksie regoor die Afrika-kontinent, met uiters enkele uitsondering, allermins ‘n suksesverhaal.

Altesaam 92% munisipaliteite in Suid-Afrika ondervind volgens die jongste OG-verslag finansiële probleme wat rede tot kommer is of ingryping verg. ‘n Volle 92% van al die munisipaliteite in Suid-Afrika is dus ‘n mislukking.

Bron – Vryburger


Enjoyed this post? Share it!