Malema sê Teel ons sê Vat jou goed en Trek Ferreira! Verskonings sal jou erfenis kos en dalk jou lewe…

Liewe volksgenote, vandag, 27 April, word deur die Kommuniste en Marxiste in ons land as hul “vryheidsdag” gesien.  Daar sal vandag lekker deur hulle fees gevier word, en die Johnny Walkers in ons land sal seker alles uitverkoop wees.  Die parasiete hou daarvan om die beste en duurste drank te koop, maar dit met my en jou belastinggeld betaal.

Daar is seker nie meer ‘n munisipaliteit in die Vrystaat oor, wat nie bankrot, of in ernstige finansiële moeilikheid is nie.  Die Noord-Vrystaatse stad Welkom, was in die sewentigerjare – naas Durban – die land se rykste stad.  Dit was ook een van die mooistes in die land.  Die “stad van verkeersirkels”, soos Welkom genoem word, was ook die “tuindorp van Suid-Afrika” genoem.  Die stad was vol bome, en die breë sypaadjies was groen en goed versorg.  Ek nooi die leser om te kom kyk hoe Welkom vandag lyk.  Die burgemeesters het sedert 1995 hul bes gedoen om, alles wat met ons belastinggeld geskep is, te vernietig.

Welkom was een van die eerste munisipaliteite in die Vrystaat wat bankrot verklaar is.  Die burgemeester het haar kantoor se meubels (wat nog splinternuut en in ‘n goeie toestand was) uitgegooi, en nuwe meubels ter waarde van R500 000 bestel.  Sy het die splinternuwe ampsmotor, ‘n Mercedes Benz 500, na die munisipale garage gestuur, waar daar tientalle ander, bruikbare ampsmotors, staan en stof vergader.  Sy het vir haar die jongste en duurste Mercedes Benz beskikbaar bestel, en geweier om in ‘n “ou ampsmotor” te klim.  Wanneer jou huis aan die brand is, of as jy die slagoffer van ‘n ongeluk is, is daar byna nooit ‘n brandweerwa of ‘n ambulans beskikbaar nie.

Elke maand hou die munisipaliteit van Welkom ‘n “maandeindfunksie”, wat die belastingbetaler R1-miljoen kos.  Die duurste beskikbare Johnny Walker wisky’s word spesiaal uit Brittanje ingevoer.  In die apartheidsjare het die destydse stadsraad ‘n sogenaamde “spiraalplan”-spaarrekening by Volkskas gehad.  Die belastingbetalers het erg geprotesteer teen die hoë bedrag wat elke maand gehef is, maar die stadsraad het verduidelik “dit is vir u eie veiligheid!”  Miljoene rande is ingesamel, wat moes dien as ‘n noodfonds.

Min het die belastingbetalers van die tagtigerjare besef dat hierdie “noodfonds” nie vir ‘n noodgeval vir Suid-Afrika se 2de rykste stad gebruik gaan word nie, maar dat dit – sommer binne ‘n paar weke – deur die opvolgers van die apartheidsstadsraad, op partytjies en oorsese reise gebruik gaan word.

* Nou wat het bo-staande met u, die lesers, te doen?  Wel, Welkom is maar net een van sowat 400 munisipaliteite in Suid-Afrika waar presies dieselfde gebeur.  Is u tevrede daarmee?  Ek glo nie!  Daarom durf u en ek nie langer agteroor te sit en niks te doen nie.  U sal geen veranderings (verbeterings) tot stand kan bring solank as wat u deel van ‘n MINDERHEIDSGROEP in u vaderland is nie.  Word dus ‘n MEERDERHEID in beie gebied, sodat u deel van die oplossing kan word.

Daar is sowat 20 dorpies in Kaapland waar “meerderheidsbesetting” moontlik is, mits volksgenote in hul duisende daarheen verhuis.  Nou hoor ek al die doemprofete wat sê:”Ons het nie geld om te trek nie!”, of, “Aag, dit sal net ‘n rukkie duur voordat ons maar weer ‘n minderheid is”, of, “Man, ek is ‘n Boer, ek trek nie Kaap toe nie!  Die Kaap is vir die ‘Cape Dutch’ bedoel”, of, “Ek bly net hier waar ek is!”

As u die Sosiale Media dophou, sal u besef dat daar gemiddeld byna elke dag een of meer volksgenote uitgeroei word.  U hoor gereeld van boere (lees: Voedselprodusente) wat op hul plase vermoor word.  U hoor gereeld van volksgenote wat hul werk verloor.  U hoor gereeld van volksgenote wat uit hul huurhuise geskop word, en wat met klein kindertjies op straat sit.  U hoor van die een munisipaliteit na die ander wat – weens korrupsie en wanbestuur – bankrot speel.  Is u tevrede daarmee?  Ek glo nie!

Of u nou ‘n sogenaamde “Boer” is, en of u ‘n sogenaamde “Cape Dutch” is, u oordele en vooroordele sal u niks help as u net sit en niks doen (behalwe om ander – wat wel iets probeer doen – te kritiseer nie).  ‘n Minderheidsgroep kan nie bogenoemde probleme oplos nie, dus, probeer om ‘n meerderheid in eie gebied te word deur weswaarts te verhuis.

Volgens die demografiese syfers wat op die internet beskikbaar is, is die DOMINANTE HUISTAAL van feitlik die hele westelike helfte van ons land Afrikaans.  As u die RSA mooi in 2 gelyke dele verdeel, dit wil sê, die 25ste Lengtegraad as maatstaf gebruik, is daar ‘n klein gedeelte van die provinsie Noordwes, waar Afrikaans nie die dominante huistaal is nie.  Dit vertel vir my net een ding; ons volk moet weswaarts verhuis, sodat ons “iewers in die weste” ‘n meerderheid kan word.

Nou sal die Gautengers vir my sê:”Maar die meerderheid volksgenote woon reeds in Gauteng, waarom moet ons weswaarts trek!”  Die téénvraag is:”Hoeveel munisipaliteite in Gauteng word deur volksgenote beheer?”  Seker nie een nie!

* In daardie gebied waar Afrikaans die dominante huistaal is, is daar nie minder nie as 8 dorpe waar blankes reeds die meerderheid is, en ‘n verdere 10 of 12 dorpe waar ons wel ‘n meerderheid kan word, mits ons vriende “in die oostelike helfte van ons land” na die weste wil verhuis.  In een of twee dorpe is die Engelssprekende blankes in die meerderheid, maar in die res is Afrikaanssprekende blankes die meerderheid.

 

Daardie dorpe waarna ek verwys, en wat in 2011 se sensusopname ‘n gunstige demografie gehad het (hopelik is die syfers – na 5 jaar – nog steeds gunstig vir ons saak) is die volgende:

  1. Orania (Noordweskaap) = 97,2%;
  2. Cape St Francis (Oos-Kaap) = 94,7%;
  3. Groot Jongensfontein (Wes-Kaap) = 93,8%;
  4. Stilbaai (Wes-Kaap) = 92,3%;
  5. Witsand (Wes-Kaap) = 87,2%;
  6. Port Beaufort (Wes-Kaap) = 87,2%;
  7. Pringlebaai (Wes-Kaap) = 84,0%;
  8. Keurboomstrand (Wes-Kaap) = 82,9%;
  9. Hartenbos (Wes-Kaap) = 71,5%; en
  10. Dwarskersbos aan die Weskus (Wes-Kaap) = 57,5%.

Dorpe waar ons nog nie ‘n meerderheid is nie, en waar volksgenote asseblief in hul duisende moet gaan woon, sodat u die plaaslike regering (munisipaliteit) kan oorneem, is:

  1. Sedgefield (Wes-Kaap) = 42,8%;
  2. Gouritsmond (Wes-Kaap) = 39,5%;
  3. Jeffreysbaai (Oos-Kaap) = 38,9%;
  4. Wilderness (Wes-Kaap) = 38,5%;
  5. Struisbaai (Wes-Kaap) = 35,5%;
  6. Nature’s Valley (Wes-Kaap) = 32,4%;
  7. Aurora aan die Weskus (Wes-Kaap) = 32,5%; en
  8. Velddrif aan die Weskus (Wes-Kaap) = 29,6%.

* Behalwe vir die dorp Orania, is daar ongelukkig nog nie ander dorpe in die Noordweskaap waar ons mense ‘n meerderheid is nie, maar aangesien die Noordweskaap so yl bevolk is, sal dit maklik wees om meerderhede te word.

Daar is 105 dorpe in die Noordweskaap waar u kan gaan woon.  Dit is dorpies soos verwaarloosde klein spoorwegstasies met 10 inwoners, tot groot dorpe soos Calvinia, waar sowat 10 000 mense woon.  Ons 3 gunstigste distrikte in die Karoo is Sutherland, Williston en Fraserburg.  Loxton is ook ‘n klein dorpie waar ons ook maklik ‘n meerderheid kan word.  Die enigste voorwaarde vir nuwe intrekkers is om SELFWERKSAAM te wees.  As u nie u werk self kan doen nie, neem dan volksgenote in diens en help om VOLKSEIEARBEID te bevorder.

* Ons KAN, as ons WIL, maar WIL ons?!!!

Geskryf deur Peter Murray van ANWES.

huistaal

Meer inligting oor ANWES is hier te vinde: http://anweskus.info/


Padda


Sien ook: Tyd vir Die Kaap, Federale Afrikaner Tuisland! Minderhede MOET saamstaan vir ons regte!


 

Enjoyed this post? Share it!