Malema wil wapengeweld gebruik

MalemaMalema wil wapengeweld gebruik

In ’n TV onderhoud van Al Jazeera het Julius Malema ondermeer gesê die ANC is nie hulle vyand nie, maar staan in die weg van die EFF om die monopolistiese blankes se goed te vat en vir arm mense te gee.

Later het hy gesê die EFF se geduld gaan gou op raak, en dan sal wapengeweld gebruik word om reg te laat geskied.

 “As die ANC voortgaan om gewelddadig op te tree teen vreedsame protesteerders sal die EFF se geduld gou opraak en sal ons die regering verwyder deur die loop van die geweer”, het Malema dapper bygevoeg.

 Vroeg in die onderhoud is Malema gevra hoe vêr hy sal gaan met sy oorlog teen Jacob Zuma in die lig van sy vorige dreigement dat hy Sentraal Transvaal onregeerbaar sal maak.

Malema het in reaksie daarop gesê dat hulle nie gediend sal wees om weer ’n verkeerde uitslag in die munisipale verkiesing te aanvaar nie, en dat hulle hierdie keer sal veg, al is dit met wapengeweld.

 Bron: Vryburger

Enjoyed this post? Share it!