Malva Kaaskoek

Kors:
5 koppies Tennis beskuitjies (gekrummel)
1/2 K suiker
1/2 K botter of margerine(gesmelt)

Aanwysings meng die beskuitjie krummels (hou so halwe koppie vir oorstrooi) en die botter en druk dit in ‘n 9 x 13cm gesmeerde pan die bodem en die kante.

Vulsel:
140g Malva lekkers (so 40 groot lekkers)
3/4 k melk
450g geroomde maaskaas
340 ml houer Orley Whip (styf geklop)

Smelt malva lekkers en melk oor lae hitte. Klop roomkaas; voeg malva lekker mengsel by en verkoel. Vou die room by en skep alles in die kors. Strooi die oorblywende krummels oor en verkoel tot geset.
Resep van Kreatiewe kos idees se facebook


 

Enjoyed this post? Share it!