Malva poeding

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 45 min.

375 ml (1½ k) strooisuiker
2 eiers
15 ml (1 e) appelkooskonfyt
300 ml (1¼ k) meel
2 ml (½ t) koeksoda
’n knippie sout
30 g botter
15 ml (1 e) asyn
125 ml (½ k) melk

SOUS
40 g botter
80 ml (⅓ k) suiker
200 ml room
2 ml (½ t) vanielje-ekstrak
80 ml (⅓ k) water

VLA
500 ml (2 k) dikroom
6 eiergele
60 ml (¼ k) strooisuiker
5 ml (1 t) vanielje-ekstrak

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 30 cm oondvaste bak of vier individuele oondvaste bakkies.
  2. Klits die suiker, eiers en appelkooskonfyt in ’n mengbak tot bleek en donsig.
  3. Sif die meel, koeksoda en sout in ’n aparte bak saam en klits dan om te meng.
  4. Smelt die botter in ’n pan oor lae hitte, voeg die asyn en melk by en roer tot gemeng.
  5. Voeg die droë bestanddele by die suikermengsel. Voeg die melkmensel by en klits om ’n gladde beslag te vorm. Giet dit in die voorbereide oondvaste bak of bakkies.
  6. Bak 35 minute of tot donkerbruin en ’n steekpen skoon uitkom wanneer dit in die middel ingedruk word.
  7. Sous:Bring al die bestanddele tot kookpunt in ’n kastrolletjie oor matige hitte. Verlaag die hitte en laat prut 10 minute terwyl jy roer. Giet die sous oor die warm poeding.
  8. Vla:Bring die room tot net onder kookpunt in ’n kastrol oor matige hitte.
  9. Klits die eiergele, suiker en vanielje saam in ’n groot bak. Wanneer die room verhit is, giet dit stadig in die eiergeelmengsel terwyl jy aanhoudend roer. Plaas nou die mengsel dadelik in die katrol terug en herverhit oor lae hitte terwyl jy roer tot dit begin prut.
Deur Huisgenoot Digitaal op April 25, 2014

 

Enjoyed this post? Share it!