Man in Welkom vermoor

Man in Welkom vermoor

Percy Hohne (58), is verlede Dinsdagaand ongeveer 10:00 in sy huis in Doorn, Welkom vermoor. Hy is na bewering op die bank versmoor terwyl hy gelê en slaap het.

Dit is die tweede aanval in die woonbuurt in sowat twee weke nadat ’n bejaarde man vroeër vandeesmaand in sy huis in Georgestraat deur ’n terroris oorval en herhaaldelik met ’n tuinvurk gesteek is.

Hohne het die tuin natgemaak en toe op die bank aan die slaap geraak. Hy is na bewering deur twee terroriste, wat met messe gewapen was, eers vasgebind, daarna het hulle op hom gespring en met ’n kussing versmoor.

‘n Dogter van die vermoorde wat ook in die huis was, is deur die terroriste beveel om hulle deur die huis te neem en gewaarsku dat sy nie vir hulle mag kyk nie. Daarna is sy gedwing om hulle na die swart woonbuurt te neem.

Al die selfone is gesteel.- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!