Man op Magoebaskloof-kleinhoewe helder oordag aangeval

ʼn Man, in sy 50’s, is Dinsdag helder oordag op ʼn kleinhoewe in die Magoebaskloofomgewingin Limpopo oorval.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê volgens inligting wat tans tot die AfriForum-buurtwag se beskikking is, hetdrie gewapende mans omstreeks 10:20 op die kleinhoewe toegeslaan.

Die man is in die huis vasgebind en toegesluit en die aanvallers het onder meer met ʼn televisie te voet van die toneel gevlug. Na wat
verneem word, is die man nie te ernstig beseer nie. Sy vrou was tydens die voorval by die werk.

ʼn Grootskaalse soektog na die verdagtes is van stapel gestuur.

Bron: Maroela Media


Enjoyed this post? Share it!