Man vermoor in plaasaanval by Vryheid

’n Man is Saterdagaand net na 22:00 in ’n plaasaanval buite Vryheid in KwaZulu-Natal doodgeskiet.

’n Verdagte is ook reeds vasgetrek, sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Die naam van die slagoffer is nog nie bekend gemaak nie.

“Die verdagtes het te voet gevlug, maar te danke aan die Vryheid-buurtwag wat blitsig opgetree het is een van die verdagtes vasgetrek. Hy is nou in aanhouding.”

Daar was volgens Cameron ook Saterdagaand ’n plaasaanval op Mareetsane, buite Vryburg, in Noordwes. “Twee mans het ’n vrou, ene Lisa, aangeval. In hierdie stadium klink dit of haar toestand bevredigend is.

’n Boer van die omgewing het met haar na ’n naburige hospitaal gejaag.”

Cameron sê boere het die gebied omsingel, maar die verdagtes was teen Sondagoggend nog op vrye voete.

Deur: Netwerk 24


Enjoyed this post? Share it!