Ma(r)x du Preez ‘n bitter ou wit man

Max-du-Preez-269x300Ma(r)x du Preez ‘n bitter ou wit man
 
Die seun van president Jacob Zuma, Edward, het in ‘n verklaring gesê dat Max du Preex ‘n huigelaar en leuenaar is wat sy eie leuens begin glo.
 
Dit volg op Du Preex se nuutste kommentaar waar hy onder andere gesê het dat Zuma se kinders en andere baie skielik, baie ryk geword het as gevolg van hulle en Zuma senior se verbintenisse met die Guptas.
 
Zuma jnr (die hoeveelste?) beskou homself as ‘n “self-gemaakte sakeman” en ontken enige sakeverbintenis met die Guptas.
 
Gegewe die aanmerkings moet Du Preez seker baie sleg voel dat hy so aangeval word deur die mense wat hy simpatiek “gehelp” het om die land te bekom met sy liberale siening teenoor die sogenaamde onderdruktes voor 1994.
 
In ‘n verdere verwikkeling gisteraand het Du Preez sy verbintenis met die Independent Media Group verbreek nadat die groep apologie aangeteken het oor du Preez se kritiek teen Zuma.
 
Volgens hom was die verskoning deur hulle gemaak om Zuma en die ANC te plesier en is dit ‘n bespotting.
 
Die apologie kom nadat die ANC beswaar gemaak het teen Du Preez se uitlating dat Zuma besig is om die land te vernietig en dat hy ‘n korrupte verhouding met die baie sieklike Schabir Shaik het.
 
So draai die wiel.- Vryburger

Enjoyed this post? Share it!