Massaman-kerrie

Massaman-kerrie is ’n romerige Thaise kerrie met ’n matig speseryagtige en neutagtige geur.

Genoeg vir 4 tot 6 mense
Bereiding: 5 min. 
Gaarmaak: 1½ uur  

15 ml (1 e) olie
2 uie, gekap
1 x 400 g-blik klappermelk
50 g massaman-kerriepasta
500 g varkvleis, in blokkies gesny
sout en peper
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
’n paar druppels vissous
10 ml (2 t) sojasous
15 ml (1 e) tamatiepasta
5 ml (1 t) suiker
200 g aartappels, in blokkies gesny

  1. Verhit olie in ’n pot oor matige hitte. Soteer die ui tot sag. Voeg die klappermelk en kerriepasta by en kook 3 min. terwyl jy aanhoudend roer.
  2. Voeg die vleis en die oorblywende bestanddele, behalwe die aartappels, by. Kook 60 min. oor lae hitte.
  3. Voeg die aartappels by en hou 30 min. aan kook of tot die aartappels sag is.

Deur Hope Malau
Foto: David Briers

Huisgenoot  Junie 16, 2016

 

Enjoyed this post? Share it!