Mbalula en sy eie “bende”

‘n Foto het die lig gesien met minister Fikile Mbalula en ‘n groep mans wat na bewering misdaad intelligensie operateurs is wat vir Mbalula werk.

Volgens bronne binne die intelligensienetwerk reis die ses persone oral saam met die minister en uit die aard van sy posisie behoort hy nie so ‘n noue verbintenis te hê met misdaadintelligensie beamptes nie.

Hierdie nuus het gebreek drie dae voordat ‘n nuusbron bekend gemaak het dat Mbalula beheer oorgeneem het van misdaadintelligensie.

Dit blyk dat interne gevegte binne die polisiestruktuur plaasvind en dit veroorsaak wantroue tussen die polisie, die Valke en misdaadIntelligensie.

Bewerings dat politici vanuit dié kringe beskerm word blyk ook waar te wees.

Deur: Die Vryburger


 

Enjoyed this post? Share it!