Meer lyfwagte vir Zuma-kabinet as grenspersoneel

Meer lyfwagte vir Zuma-kabinet as grenspersoneel

Mmusi Maimane Gallo Images
Pietermaritzburg – Die DA-leier Mmusi Maimane sê die aantal lyfwagte wat aangestel is om lede van president Jacob Zuma se kabinet te beskerm, oorskry die getal personeel wat aangestel is om Suid-Afrika se grensposte te beveilig.
Maimane het sowat 200 ondersteuners in Pietermaritzburg toegespreek.

Hy sê die land het ‘n noemenswaardige afname beleef sedert Zuma ses jaar gelede president geword het. Hy het onder meer oor werkloosheid gepraat en gesê die ANC het die jongmense van Suid-Afrika versaak.

Sy besoek aan Kwazulu-Natal vorm deel van die DA se Vision 2029-toer.
Vanaf OFM 12 Julie 2015
Photo: Gallo Images

Enjoyed this post? Share it!