Meisie opgekerf in mesaanval in Bethlehem

Afgelope Sondagaand is Irma van Deventer (22) van Bethlehem in haar ouerhuis waar sy alleen was, deur ‘n aanvaller met ‘n mes verskeie kere in die kop, nek en een long gesteek.

Haar hande is ook erg gesny toe sy die aanval probeer afweer het. Sy is geopereer nadat haar long platgeval het en is tans in ‘n ernstige toestand in die waakeenheid van die Hoogland MediClinic in Bethlehem.

Ten tye van die voorval was haar ouers oppad terug van Sasolburg waar hulle gekuier het.

Irma het ‘n ruit gehoor breek en haar broer Ruan gebel, wat die TLU Vrystaat Veiligheidsafdeling sowel as ‘n veiligheidsmaatskappy geskakel het. Die aanvaller het haar met die mes oorval en gesteek, maar die reaksie van die veiligheidsinstansies was so vinnig dat die aanvaller nog in die huis aangetref en in ‘n worsteling deur ‘n veiligheidswag doodgeskiet is.

Deur: Ditsem nuus


Enjoyed this post? Share it!