Meningsverskille oor aankondiging van gratis hoër onderwys

ANC-president Jacob Zuma se onverwagse aankondiging verlede week dat hoër onderwys volgende jaar vir sekere studente gratis sal wees, het gelei tot heelwat konsternasie en verwarring.

Selfs Malusi Gigaba, die minister van finansies wat die geld daarvoor beskikbaar moet stel, was onkant gevang aangesien Zuma dit die vooraf met hom bespreek het nie.

Die bestuurshoof van Universiteite SA, Ahmed Bawa, is ook van mening dat Zuma se aankondiging voortydig is. Hy sê universiteite het minstens ‘n jaar nodig om voor te berei vir die inwerkingstelling van gratis hoër onderwys. Hy voorspel ook chaos by die universiteite as die kampusse in die nuwe jaar heropen.

Zuma se minister van hoër onderwys, Hlengiwe Mkhize, wat aangestel is nadat Zuma sie kommuniste se baas, Blade Nzimande afgedank het, glo egter dat sy baas die regte ding gedoen het.

Mkhize sê die land kan wel die gratis onderwys bekostig, en skynbaar het ‘n tegniese span onverpoosd gewerk aan ‘n plan om die aankondiging te laat werk. Besonderhede is egter nie bekend nie, en die vraag waar die geld vandaan gaan kom, is steeds onbeantwoord.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!