Met ‘n sleutel persoon wat die tesourie verlaat kan ons net vra wat gaan met ons ekonomie gebeur

Die gemors wat by tesourie aangaan, asook Jacob Zuma se plan van gratis onderrig vir studente ten spyte van die Heher-verslag wat sê dit is onmoontlik en onwenslik, het daartoe gelei dat die rand sy laagste punt in ‘n jaar bereik het.

Dit volg na Michael Sachs se bedanking by Tesourie asook die aankondiging dat sekere student wel gratis hoër onderwys sal ontvang, wat ekstra druk op openbare finansies plaas.

Tesourie het bevestig dat die hoof van hul begrotingsafdeling, Michael Sachs, bedank het.

Dit volg na beweerde inmenging vanaf Jacob Zuma se kant met tesourie se sake.

Kenners meen dat alle besluite rondom begrotingsbesluite nou by die presidensie en in effek by Zuma berus.

Bewerings dat die minister van finansies, Malusi Gigaba, die tesourie wil kaap, lyk nou al hoe meer waar te wees.

Intussen dring Gigaba daarop aan dat parlementslede en ministers salarisverhogings moet ontvang.


Enjoyed this post? Share it!