Microsoft Gee Afrikaans Hupstoot. Afrikaans Word Bygevoeg Vir Alle Microsoft Translator Programme.

Afrikaanse taal ondersteuning word bygevoeg by Microsoft Translator programme. Microsoft het teks ondersteuning bygevoeg vir die Afrikaanse taal vir alle weergawes van sy Translator programme, insluitend die een vir Windows 10 op ‘n rekenaar en selfoon.

Microsoft het vandag aangekondig dat Afrikaans aansluit by die lys van 50+ teks vertaling tale wat ondersteun word deur Microsoft Translator. Hulle het onlangs begin om dit by te voeg by hul programme en dit sal binnekort beskikbaar in al Microsoft produkte met Vertaling funksies aangedryf deur Microsoft Translator wees.

Afrikaans sal beskikbaar wees in:

Microsoft Translator programme vir IOS, Android, en Windows 10
IM vertaal in Skype vir Windows Desktop
Microsoft Office, insluitend Word, Excel, OneNote, PowerPoint, Outlook, Publisher, Visio, en Word Online
Microsoft SharePoint
Dokument Translator
Microsoft Translator Web Widget

Microsoft het gesê:

Afrikaans word gepraat deur meer as 7 miljoen mense wêreldwyd as ‘n primêre taal, met die meeste wat gekonsentreer is in die weste van Suid-Afrika en die suide van Namibië. Dit is ‘n afstammeling van die Nederlands wat in die 18de eeu gebring is tot wat nou as Suid-Afrika bekend staan. Met verloop van tyd is woorde uit Khoisan-tale, en Europese tale soos Portugees en Duits aangeneem.
Benewens sy toegewyde Translator Programme, het die taalondersteuning ook Afrikaans bygevoeg op die Skype vertaler funksie vir Windows op Desktop.

Laas jaar het Google ook Afrikaans by sy gewilde Gmail epos program bygevoeg.

Don Deon

Afrikaans


 

Enjoyed this post? Share it!