Miljoene vir nuwe boere: Vir nuwe plase

Miljoene vir nuwe boere: Vir nuwe plase

Landbou plase -gugile-nkwinti-alani-janeke-275x275

Altesaam R204 miljoen is goedgekeur om vir opkomende boere plase te koop en sulke plase te herkapitaliseer.
Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het R204 miljoen goedgekeur om vir opkomende boere plase te koop en sulke plase te herkapitaliseer.
Altesame 7 875 ha is landwyd bekom waardeur 5 108 aansoekers na verwagting bevoordeel sal word, het die departement in ʼn verklaring gesê.
Nog R58 miljoen is op 13 grondverkrygings bestee. Altesame 31 projekte is vir herkapitalisering ter waarde van R146 miljoen goedgekeur.
Die herkapitalisering sal na verwagting 2 193 heeltydse en 639 deeltydse werkgeleenthede skep.
Die meeste opkomende boere het in hul aansoeke gesê die boerderybedrywighede wat hulle beoog, is lewende hawe, gewasse, groente, wild en pluimvee.
Finansieringsaansoeke was om masjinerie, trokke, bulle en dragtige verse te koop en pakhuise te bou.
Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, het gesê die departement wil die geld nie gebruik om naweekboere te help nie. “Hulle verwaarloos plase.”
Die departement koördineer ʼn proses dat begunstigdes strategiese vennote kry, wat gewoonlik ervare kommersiële boere is.
In die laaste 21 jaar het die departement 82 miljoen ha landbougrond herverdeel wat in wit besit was.
Landbou nuus 9 Julie 2015

Enjoyed this post? Share it!