Minister van Minerale Bronne word beskerm deur die ANC en Nelson Mandela se kleinseun!

Mosebenzi Zwane, minister van minerale bronne, gaan nie ondersoek word vir sy betrokkenheid by die Guptas en staatskaping nie, as ANC LP’s hulle sin kry.

Een van die groot voorbokke wat gekant is teen ‘n ondersoek teen hom, is Nelson Mandela se kleinseun, Mandla.

Die voorsitter van komitees in die parlement, Cedric Frolic, het twee maande gelede reeds opdrag gegee dat ‘n aantal komitees dringend die Guptaleaks e-posse moet ondersoek en terugvoer aan die parlement gee.

Een van die komitees, die oor minerale bronne, het eers na twee maande die eerste keer vergader en die ondersoek vinnig afgemaak as ‘n heksejag en gesê hulle gaan dit nie doen nie.

Om verder tyd te wen, het die komitee besluit om vir Frolic te vra wat presies ondersoek moet word, waarna hulle dan oor ‘n week of so finaal sal besluit of hule Zwane gaan beskerm of nie.


Enjoyed this post? Share it!