Minister van openbare ondernemings, Lynne Brown: Deursigtig of olierig?

Die minister van openbare ondernemings, Lynne Brown, het die afgelope maande elke keer die skuld op onderdane gepak sou daar sprake wees van transaksies wat nie deursigtig was of waar tendervereistes nie nagekom is nie.

Dit het sopas aan die lig gekom dat Ingrid Tufvesson, wat Brown se “lewensmaat” is, en Michelle McMaster, die moeder van Brown se vorige persoonlike assistent Kim Davids, twee kontrakte bekom het ter waarde van R1,2 miljoen. Die derde direkteur van E Smart Solutions is Davids se suster, Bernice Davids.

Tufvesson het erken dat E Smart Solutions geen ondervinding in die oliebedryf het nie maar die kontrakte bepaal dat olie aan Eskom se 10 kragstasies gelewer moet word.

McMaster het op navraag gesê: ”Vra vir Brown, gaan na Zuma en los my uit, ek is ‘n klein vissie in die stroom”.

So word dit al hoe duideliker dat Brown die vorige hoofuitvoerende beampte van Eskom, Matshela Koko, beskerm in sy optredes.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!