Minister van polisie se vakansierit kos belastingbetalers R680 000

Minister van polisie, Fikile Mbalula, het in ‘n verklaring gesê dat daar nie belangebotsings was toe ‘n derdeparty sy Dubai vakansie gefinansier het nie.

Mbalula was tydens die rit nog minister van sport, en die maatskappy wat betrek word, is die Sedgars Sports groep wat die amptelike verskaffers is van die SA Sport federasie en Span SA.

Ses nagte in Dubai teen R680 000 is nie te versmaai nie, dit beteken net meer as R113 000 per dag, vlugte ingesluit.

Die Sedgars groep ontken enige verbintenis met Reimon Uniforms maar maatskappy rekords toon verbintenisse tussen die twee groepe.

Dr. Pieter Groenewald van VF Plus sê daar moet ook vasgestel word of die beweerde skenking verklaar is in die ledebelange-register van kabinetslede en indien dit nie gedoen is nie, moet daar teen hom opgetree word.

“Hoewel Mbalula minister van sport was toe die voorval glo plaasgevind het, laat dit ruimte vir korrupsie aangesien Sedgars Sport sake gedoen het en steeds doen met die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok). Sedgars was ook die verskaffer van die Suid-Afrikaanse Olimpiese span se sportuitrusting.

“In die betrokke geval kan dit op die minste die indruk wek dat dit omkoopgeld geld was. As minister van polisie moet Mbalula bo verdenking wees ten opsigte van enige vorm van korrupsie.

“Dit is daarom belangrik dat hy moet bevestig of dié bewerings korrek is of nie. Indien dit waar is dat hy wel die private skenking ontvang het, skep dit ʼn onbehoorlike risiko, en behoort hy sonder meer as minister van polisie te bedank,” sê dr. Groenewald.

Deur: Die Vryburger


Enjoyed this post? Share it!