MK-veterane brand verkeerdelik die ou Nederlandse vlag in plaas van die ou SA vlag, in protes oor die onlangse Swart Maandag-veldtog

Umkhonto we Sizwe Militêre “Veterane” wat spog met ’n baie jeugdige voorkoms het die afgelope naweek ’n  ou Nederlandse vlag verbrand in plaas van die apartheidsvlag. Die voorval het hom afgespeel  by die Marrianhill-tolplaza in Durban.  Protesteerders  hul  tydens die aangeleentheid hul weersin uitgespreek en gedemonstreer oor die onlangse Swartmaandag veldtog wat geloods was teen die teen die dood van boere.

Mnr. Themba Mavundla, provinsiale voorsitter van MKMVA, het gesê rassistiese mense wat na bewering die ou vlag tydens die Swartmaandg veldtog gehys het, moet van verraad aangekla word. (Alhoewel dit bewys is dat die foto’s waarvan melding gemaak was eintlik ou foto’s is wat weer  gesirkuleer was deur boosdoeners wat anti-wit sentimente probeer oproer het). Mavundla het vir wit boere gewaarsku om hulle nie verder te lok nie.

Voor die verbranding van die vlag, wat eintlik ‘n ou Nederlandse vlag was, het die veterane, wat geklee was in hul tradisionele kamoefleer drag, revolusionêre liedjies gesing.

Party van hulle het op die ou Hollandse vlag gedans en geskree: “Ons brand apartheid.”

Toe die lede van die MKMVA die nasionale volkslied, Nkosi Sikelela iAfrika, gesing het, is Die Stem nie gesing deur die lede wat teenwoordig was nie.

Die MKMVA het die tolplaza op die N3 in Durban geblokkeer. Hierdie is  ‘n belangrike skakel roete tussen die hawe, die res van die provinsie en ‘n verbindingspad tussen die stad en Johannesburg.

Verkeer langs die N3 het tot stilstand gekom toe die veterane motors verhinder lhet om deur die tolhek te gaan. Uiteindelik is privaatmotors toegelaat om deur te gaan, maar vragmotors is verbode en hulle moes ongeveer drie ure wag voordat hulle is reg van deurgang gegee is.

Vir meer as drie uur het die veterane op die apartheidsvlag gedans en dit vertrap terwyl hulle gewag  het vir Premier Willies Mchunu om ‘n memorandum te onderteken. Mchunu het nie opgedaag nie, in plaas daarvan het hy die direkteur-generaal van die provinsiale regering, dr Nonhlanhla Mkhize, gestuur.

Die protest, wat vroeër Vrydagoggend begin het, het verkeer na en van Durban geraak.


 

Enjoyed this post? Share it!