Moontlike nog ‘n afgradeering, die keer ESKOM

Eskom kan dalk sover afgegradeer word, dat hy summier op die ekonomiese rommelhoop sal beland.

Die graderingsinstelling, Fitch Ratings, het gewaarsku dat hy Eskom selfs met twee vlakke kan afgradeer.

Eskom se swak bestuur, swak kontantvloei en algeheel verswakkende finansiële posisie het tot hierdie waarskuwing gelei.

Fitch het ook ‘n kwalik bedekte hou na die verantwoordelike minister, Lynne Brown, gemik en gesê hulle hoop dat sy voor die einde van die maand ‘n permanente direksie vir Eskom sal aanstel. Tans word Eskom deur ‘n tussentydse direksie van slegs nege lede bestuur, terwyl die direksie uit 15 lede moet bestaan.

Verlede week is onthul dat Eskom op die rand van bankrotskap huiwer met slegs R1,2 miljard se reserwes, wat net tot die einde van hierdie maand sal hou.


Enjoyed this post? Share it!